Hartediefies is nou ook goedgekeur en geregistreer vir babas en peuters van 0-2 jaar.

WELKOM BY HARTEDIEFIES DAGSORG

Hartediefies is geleë binne Avalon Landgoed en is n speelskool met n halfdag en n voldag opsie vir ouers, daarom noem ons onsself n dagsorg. Ons sien om na voorskoolse kinders in die ouderdomsgroep 2 – 5 jaar oud en is kinders woonagtig binne en buite Avalon Landgoed welkom om in te skryf by ons. Ons sien dit as ‘n besonderse voorreg om ‘n geleentheid te kry om ‘n positiewe bydrae in die kinders se lewens te kan maak, veral in die ouderdomsgroep 2-5 jaar waarin die fondasie van ‘n kind se persoonlikheid en waardes gevorm word. Dit gaan vir ons oor kinders se geluk en ouers se gemoedsrus. Kinders tussen 2 en 5 jaar is maar nog klein en moet ons vir hulle soos n tweede huis voel aangesien hulle baie tyd hier gaan spandeer. Hier moet hulle nog kind kan wees – n plek waar hul veilig en geliefd sal voel. Hulle het nog n lang skool loopbaan wat voorlê, so by Hartediefies gaan dit ons werk wees om te speel terwyl ons leer. Speel-speel sal ons hulle skoolgereed kry.

Ons het n hart vir kinders en n passie vir Jesus.

"Wie is ons?" Link Button
"Waar is ons?" Link Button
"Wie is ons?" Link Button
"Waar is ons?" Link Button
Hartediefies Mannetjies (5)
Hartediefies Mannetjies (4)
Hartediefies Mannetjies (3)
Hartediefies Mannetjies (2)
Mobile Section Separator Hartediefies